Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Thaba Nchu-Tweespruit

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Een jaar-kontrakpos

Sluitingsdatum: 22 April 2016.

In biddende afhanklikheid van die Here, stel die kerkraad van die NG Gemeente Thaba Nchu-Tweespruit ’n vakature vir ’n kontrakpos vir een jaar beskikbaar vir die beroep van ’n NG leraar.

Gemeenteprofiel:

Die twee-koppige gemeente is ongeveer 60 km oos van Bloemfontein. Die gemeente het ’n bedieningspunt in Thaba Nchu en Tweespruit. Die dorpe is 26 km van mekaar af. Die gemeente het 130 belydende en 30 dooplidmate.

Leraarsprofiel en pligte:

Die pos is vir vier dae per week:

  • Die persoon moet ’n lewende verhouding met Christus hê en gedring word deur sy liefde.
  • Art 9 dien as uitgangspunt.
  • Die persoon moet in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas.
  • Die persoon moet huisbesoek en pastorale besoek as prioriteit beskou.
  • Die persoon moet interkerklik kan saamwerk met ander kerkgenootskappe.
  • Die persoon moet onbetrokke lidmate weer aktief by die kerk betrek.
  • Die persoon moet die kerkraad kan bemagtig en toerus in leierskap.
  • Lofprysing is belangrik vir die gemeente en die persoon moet nou saamwerk met die lofprysingsgroep.
  • Die persoon moet versoenend in die gemeente kan werk.
  • Die persoon moet in spanverband kan werk.
  • Die persoon moet ten minste vyf jaar bedieningservaring hê.
  • Brugpredikantopleiding sal ’n aanbeveling wees.
  • Die persoon moet bereid wees om by ’n mentorsprogram in te skakel indien hy/sy nog nie by een is nie.

Vergoeding:

Vergoeding sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat.

’n Gemeubileerde pastorie is beskikbaar.

’n Voertuig word voorsien vir gemeentegebruik.

Water, ligte en telefoon is vir die gemeente se rekening.

Aansoek:

Om aansoek te doen vir hierdie pos, stuur asb ’n CV met die name en kontakbesonderhede van drie referente.

Stuur aansoek aan: kerkkantoor@ngtnts.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 April 2016.

Navrae: Pierre du Toit, tel 082 493 1197.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak indien daar nie ’n geskikte kandidaat gevind word nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top