Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Pinkster


As daar een ding is wat behoort te gebeur met ’n kerk wat Pinkster vier, is dit dat hy sy vrees sal verloor.

Die kontras tussen die dissipelkring voor Pinkster en ná Pinkster is treffend. Voor Pinkster is hulle bang, die deure gesluit. Hulle kruip weg vir die wêreld. Ná Pinkster is hulle vreesloos. Dan bring hulle hul boodskap waar hulle kan. Die moontlikheid van vervolging skrik hulle nie af nie.

Dit is die verskil wat die Gees van God in mense se lewe maak.

In Suider-Afrika, soos op soveel ander plekke in die wêreld, is dit egter dikwels vrees wat mense se lewe oorheers, ongelukkig ook gelowiges se lewe.

Dít terwyl ons met ons boodskap van liefde en diens as volgelinge van Christus die vermoë het om die wêreld te verander. Nie triomfalisties of uit die hoogte nie, maar nederig en met die vrede van Christus in ons harte.

In die lande hier in Suider-Afrika waaroor die NG Kerk verspreid lê, is daar baie probleme en uitdagings. Dinge verloop dikwels nie glad nie. Daar is baie dinge wat moet werk wat glad nie werk nie. En dit gebeur ten koste van mense.

Vir die kerk is dit ’n geleentheid. Dis immers juis as dinge skeef loop, dat ’n mens ’n verskil kan maak. Dis juis as dinge donker raak, dat die lig van die evangelie die helderste skyn.

In ’n gemeenskap waar mense sonder hoop is, onder meer omdat die onderwysstelsel hulle nie toerus om produktiewe burgers te wees nie, maak dit ’n geweldige verskil as gelowiges betrokke raak by skole en kleuterskole, as hulle onderwysers se hande sterk maak en moontlikhede skep wat hoop bring.

Dit gebeur op baie plekke. Dit gebeur ook op ander terreine soos behuising, gesondheidsorg, die landbou … noem maar op.

Pinkster is die fees van die Gees van God wat aan gelowiges moed gee om te waag waar hulle andersins nie sou gaan nie, wat aan gelowiges krag gee om dinge te doen wat hulle self nie gedink het moontlik is nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top