Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG GEM TYGERPOORT

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 2 Junie 2016

GEMEENTEPROFIEL:

Tygerpoort-gemeente is geleë in die oostelike voorstede van Pretoria. Die gemeente bestaan uit ongeveer 3 000 lidmate wat meestal in sekuriteitsdorpe, meenthuiskomplekse en op kleinhoewes woon. Die pas opgegradeerde gemeentekompleks is geleë op ’n kleinhoewe in Shere.

LERAARSPROFIEL:

  • Die vermoë om teologies vernuwend en kontekstueel te reflekteer binne die breë riglyne van die gereformeerde tradisie.
  • Entoesiasties oor die missionêre gestalte van kerkwees.
  • Sterk klem op persoonlike spiritualiteit en ’n openheid teenoor ander spiritualiteite.
  • Vermoë om gemaklik en gestruktureerd in ’n span saam te werk met die oog op die inisiëring en afhandeling van spesifieke werksaamhede.
  • ’n Passie en bewese vaardighede om deur die gebruik van tegnologie (soos sosiale media, die gemeente se nuwe webtuiste, aanlynkursusse, videos, ensovoorts) op innoverende wyse die bediening van die gemeente uit te brei (ook aan senior lidmate).
  • Die vermoë om aktueel en dinamies te preek vir alle ouderdomme.
  • Die vermoë om die gemeente se bediening in die gemeenskap op innoverende wyse (ook binne ekumeniese samewerking) uit te brei. Dit sluit die bediening aan aftree-oorde, komplekse, welsynsinstansies, hospitale, nuwe inisiatiewe, ensovoorts in.
  • ‘n Persoon wat sy/haar eie gawes en passie met doelgerigtheid in die gemeente nuut kan aanwend!
  • Die persoon moet gemaklik die algemene pligte van ’n leraar soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde kan uitvoer.

VERGOEDING:

’n Vergoedingspakket (met die sinodale aanbevelings as vertrekpunt) is onderhandelbaar. Die pakket sluit ’n behuisingsubsidie in.

AANSOEKE:

’n Aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak Riana by ngtyger@ngtyger.com of 012 809 0107. Aansoeke moet voor of op 2 Junie 2016 ingedien word. Persone wat aansoek doen moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en in staat wees om op 1 Oktober 2016 diens te aanvaar.

NAVRAE:

Mnr Wilhelm Steyn (Voorsitter Kerkraad): 083 406 5659 / wilhelm@ajcoetzer.co.za

Dr Zander van der Westhuizen (Leraar): 082 883 2302 / zander@ngtyger.com

Ds Ulrich Ohlhoff (Leraar): 081 436 7488 / ulrich@ngtyger.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top