Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Gemeenteleraar (twee poste)
Sluitingsdatum: 1 Julie 2016.
Die NG Kerk Brackenhurst is geleë te Alberton bestaande uit ongeveer 1 000 lidmate wat die dienste van twee leraars gaan benodig, aangesien beide die gemeente se huidige twee leraars aan die einde van 2016 die gemeentebediening gaan verlaat.
Daar sal van die kandidate verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van sekere van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Verder is die volgende vereistes van besonderse belang:
- Besondere klem op die suiwerheid van die Woord en leer soos vervat in die Woord en in die kerk se belydenisskrifte;
- ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk;
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate deur pastoraat en huisbesoek;
- Liefde vir medemens van alle ouderdomme en
- Volle medewerking in spanverband.
Die vergoedingspakket is onderhandelbaar binne die sinodale skale en riglyne.
Gratis huisvesting word aangebied met die beskikbaarstelling van ’n ruim pastorie met tuin wat instand gehou word.
Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte en die name van ten minste vier (4) referente.
Geskikte kandidate sal te woord gestaan word met die oog op aanstelling 1 Januarie 2017.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Julie 2016.
Aansoeke moet gerig word aan: Die Gemeentebestuurder, NG Kerk Brackenhurst
Per pos: Posbus 145115, Bracken Gardens 1452
Per hand: straatadres: H/v Hennie Alberts en Leverstraat, Brackenhurst.
Per e-pos: brhurst@absamail.co.za
Tel: 011 867 3623.