Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG KERK UNIVERSITEITSOORD

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Medeleraarspos met fokus: Residensiële bediening

Sluitingsdatum: 30 Mei 2016.

Gemeenteprofiel:

Universiteitsoord is in 1960 gestig met die doel om vir studente van oor die hele land wat aan die Universiteit van Pretoria studeer, ’n geestelike tuiste te bied. Om stabiliteit en vastigheid te gee aan ’n bediening waarvan die lidmate eintlik in transito is, is ’n sterk residensiële gemeente ook gekoppel aan Universiteitsoord. Die residensiële gemeente bestaan uit lidmate wat in die omgewing van die universiteit of elders woon, maar kies om hier in te skakel. Hierdie inwonende lidmate verskaf die kontinuïteit en stabiliteit wat nodig is om Universiteitsoord te laat floreer en groei. Die residensiële gemeente het dieselfde geestelike behoeftes as enige ander NG gemeente in ’n voorstedelike area. Die gemeente het werkende jongmense, gesinne met klein kinders, skoolgaande jeug en ook ouer lidmate wat deel vorm van Universiteitsoord se residensiële familie.

Leraarprofiel:

Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat hom/haar vereenselwig met en kan uitleef in ’n gereformeerde spiritualiteit. Hy/sy het gevorderde toe­paslike teologiese kennis en sal daarom effektief met werkende jongmense, gesinne en ouer lidmate kan kommunikeer, verhoudings kan bou en onderhou. ’n Sensitiwiteit en waardering vir die studente-omgewing is ook belangrik aangesien die studente aan die gemeente ’n unieke karakter gee. Die gemeente is verder op soek na ’n gebalanseerde en geïntegreerde persoon met kreatiewe en vernuwende denke (met respek vir tradi­sies). Die ideale kandidaat beskik oor ’n positiewe ego-sterkte en goeie oordeelsvermoë. Goed, ontwikkelde sosiale vermoë, interpersoonlike vaardighede, effektiewe prediking vir die teikengroep en die vermoë om effektief in spanverband met medeleraars te kan funksioneer is ook vir die gemeente belangrik.

Posprofiel:

Daar sal van die leraar verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. Daar sal van hom/haar verwag word om onder andere die volgende funksies te verrig:

  • Prediking.
  • Lei van Bybelstudies.
  • Effektiewe uitbou van die gesins- en jeugbediening asook die bediening van werkende jong lidmate.
  • Pastorale versorging van lidmate.
  • Toerusting van gemeenteleiers vir die uitleef van hul roeping teenoor mekaar en die wêreld.
  • Uitbou van koinonia in die gemeente.
  • Bywoon van gemeentegeleenthede en -aktiwiteite.
  • Bestuur van kategese wat insluit die motivering en toerus van kategete.
  • Vervulling van leierskaps- en bestuursverantwoordelikhede binne en buite die gemeente.
  • Bou van verhoudinge met die breër gemeenskap waarbinne Universiteitsoord funksioneer.

Vergoeding:

Die sinodale skaal sal as riglyn vir vergoeding dien. Behuising word voorsien of alternatiewe is onderhandelbaar. Universiteitsoord sien met verwagting uit na aansoeke van entoesiastiese kandidate wat die residensiële gedeelte kan lei en uitbou.

As jy dus ’n positiewe lewensbeskouing het en geroepe voel om in ons unieke gemeente ’n verskil te kom maak, nooi ons jou uit om aansoek te doen vir hierdie pos.

Aansoeke sluit Maandag 30 Mei 2016.

Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vir navrae: Kontak asb die kerkkantoor by 012 362 0663 of ds Fritz Snyman 082 332 5781 of stuur ’n e-pos na petra@universiteitsoord.co.za


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.