Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gebruik al vier kenbronne

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Gawie Snyman van Benoni skryf:

Daar is vier kenbronne vir God en sy wil. Daar is die Bybel, ervaring, die geskiedenis en tradisie. In die NG Kerk se gay-debat verreken ons die Bybel baie deeglik en die gesprekke wat gevoer word getuig daarvan dat ons erns maak met die Bybel en die komplekse proses van interpretasie.

Ons moet egter nie die ander drie kenbronne agterweë laat in hierdie gesprek nie. Dit is belangrik om gay mense se ervarings en stories in te trek in die gesprek.

Deel van ervaring sluit ook nuwe wetenskaplike insigte in oor homoseksualiteit. Ons moet ook die geskiedenis van hoe gay mense uitgestoot, beswadder en selfs vermoor is nie ignoreer nie.

Net so moet die tradisie ten opsigte van die kerk oor seksualiteit bestudeer en verreken word – sowel die sterkpunte as die tekortkominge daarvan.

Ek dink nie enige individue behoort ’n finale standpunt te formuleer en te verkondig voordat hy of sy nie by al vier hierdie bronne kers opgesteek en gesprek daaroor gevoer het nie.

Ek is trots op die NG Kerk wat betref die hantering van die gay-debat, want dit lyk asof die NG Kerk op die oomblik die meeste moeite doen om hierdie saak in al sy komplekse fasette te bespreek.

Dit lyk tog of daar pogings is om al vier kenbronne van God se wil gespreksvennote te maak in hierdie debat. Voer ’n mens hierdie debat simplisties of fundamentalisties of vermy jy die onderwerp geheel en al soos wat party ander kerke dit doen, is dit maklik om van die kantlyn af te kritiseer en te veroordeel.

Kom ons hou aan om hierdie gesprek te voer op die manier waarop ons dit tans doen. Dit sal vrug lewer.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top