Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 1 Augustus 2016
GEMEENTEPROFIEL:
Garies se gemeente is 112 jaar oud en is in die Ring van Namakwaland. Die dorp is teen die N7 geleë, 450 km noord van Kaapstad en 110 km suid van Springbok. Die gemeente is opgedeel in vyf dorps- en agt buitewyke, met ’n samestelling van 320 lidmate en 27 dooplidmate. Gemiddelde ouderdom van die lidmate is 58 jaar. Ekstensiewe kleinveeboerdery is die hoof- ekonomiese aktiwiteit in die omgewing.
LERAARSPROFIEL:
- Al die normale predikantspligte volgens Artikel 9.
- Skrifgetroue, aktuele prediking.
- Verbind tot deelnemende bestuur en die vermoë hê om gemaklik in ’n span te werk.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate deur pastoraat en huisbesoek wat baie belangrik is.
VERGOEDINGSPAKKET: Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn.
HUISVESTING:
Gratis pastorie met gesubsideerde munisipale dienste en landlyntelefoon.
AANSOEKE: Stuur asseblief ’n volledige CV met drie onlangse referente aan:
Die Pre-advieskommissie:
Per pos: NG Kerk, Garies, Posbus 17, Garies 8220
Per e-pos: ngkerkgaries@lantic.net
Per faks: 027 652 1567
NAVRAE:
Thysie Schreuder: 027 652 1227 (na ure asb)
Carlo van Wyk: 027 652 2425 (na ure asb)
Kerkkantoor: 027 652 1068 (Wo, Do, Vr) of 082 569 6572.
SLUITINGSDATUM: 1 Augustus 2016.
* Daar kan van die kandidate op die kortlys verwag word om ’n erediens waar te neem en om ’n onderhoud met die pre-advieskommissie te voer.
* Die kerkraad van Garies hou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
