Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Julie 2016.
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.
GEOGRAFIES:
Klerksdorp, ook bekend as die Stad van Mense, is ongeveer 200 km van die Rand op die N12-hoofweg tussen Gauteng en Kaapstad via Kimberley geleë. Klerksdorp staan ook bekend as die mediese hoofstad van die Noordweste en beskik onder andere oor drie private hospitale en ’n staatshospitaalkompleks. Die stad het vyf model C-hoërskole en ’n aantal private hoërskole. Die bekende Potchefstroom (Noordwes) Universiteit (Pukke) is ongeveer 40 km vanaf Klerksdorp. Klerksdorp beskik oor al die groot kettingwinkels en is die koopsentrum van omliggende dorpe. Die stad het verskeie aftreeoorde waar van die gemeentelede woonagtig is maar dit is nie binne die gemeentegrense nie. Twee sentrums vir mense met ernstige leergestremdheid val binne die grense van die gemeente.
OPSOMMING VAN GEMEENTEPROFIEL:
Klerksdorp-Oos is ’n gemeente van die Here Jesus Christus. Die gemeente het twee leraars – ’n voltydse leraar en ’n tentmaker. Die vakature gaan ontstaan omdat die voltydse leraar einde April 2017 emiriteer. Die gemeente is 60 jaar oud, het 730 lidmate, is ’n voorstedelike gemeente wat finansieel gesond is.
AANSOEKE:
Indien u ’n NG gelegitimeerde leraar of proponent is en u belangstel om meer inligting te bekom, kan die saakgelastigde mev Marinda Horn by tel: 018 468 1842 geskakel word of om ’n faks na 086 726 9161 te stuur of e-pos na ngkerk@lantic.net te stuur.
Volledige inligting sal skriftelik aan u verskaf word of besoek ons facebookblad.
Telefoniese navrae kan by die voorsitter van die Bediening vir Diensverhoudinge: Ouderling Piet Niemand gedoen word. Kontakbesonderhede: 018 468 6842.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2016.
Diensaanvaardig: 1 April 2017.
