Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Robertson-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse onbepaalde leraarspos (Medeleraar)

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2016.

Die gemeente is op Robertson, binne die Ring van Swellendam, in die pragtige Breë­rivier­vallei geleë, ’n ontwikkelende dorp wat oor goeie skool- en ander fasiliteite beskik. Die gemeente beskik oor 1 151 belydende en 295 dooplidmate. Die gemeente het ’n vernuwende karakter en lidmate word ooreenkomstig hulle gawes aangewend.

Leraarsprofiel: Gelegitimeerde leraars in die NG Kerk, nie ouer as 45 jaar nie, wat oor bedieningsbevoegdheid beskik, is beroepbaar vir die pos. Leraars wat heelhartig vashou aan die Bybel as geïnspireerde Woord van God en wat kans sien vir die eiesoortige eise en uitdagings van ’n plattelandse gemeente, is welkom om aansoek te doen. Die leraar moet bereid wees om die volle spektrum van die bediening te hanteer, maar daar sal gepoog word om hom sover moontlik ooreenkomstig sy gawes en belangstellings aan te wend.

Vergoeding: In lyn met sinodale skaal. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie of ’n behuisingstoelaag.

Beskikbaarstelling: Leraars wat in die pos belangstel, word genooi om hulle persoonlike besonderhede en ’n volledige CV, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur. Dit moet per e-pos aan die kerkkantoor gestuur word by:

ooskerk@cybersmart.co.za Enige navrae kan aan ds Ken Pritchard (023 626 3457/072 431 0343, of die skriba, me Suzette van Rensburg (023 626 3220) asook die voorsitter van die Diensverhoudingkommissie, Deon Joubert (083 458 0706) gerig word. Belang­stellendes moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en moontlike preekbeurt.

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2016.

Diensaanvaarding: 1 April 2017.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n beroep uit te bring of die vakante pos te vul nie.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top