Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Orrelis
Sluitingsdatum: 7 Augustus 2016.
Die orrelis is verantwoordelik vir die sang en musiek tydens die eerste oggenddiens en ander geleentheidsdienste. Begeleiding op die pyporrel is die vertrekpunt. Die orrelis is verantwoordelik vir die kreatiewe uitbou en ontwikkeling van die musiek by die eerste diens en moet as deel van ’n span kan funksioneer.
VEREISTES:
Die kandidaat moet verkieslik oor die volgende kwalifikasies, vaardighede en ondervinding beskik.
• ’n Vierjarige BMus-graad met orrel as hoofvak op 3de jaar of byvak op 4de jaarsvlak of enige ander toepaslike kwalifikasie.
• Die begeleiding van gemeentesang met ’n pyporrel.
• Vermoё om klavier te speel sal ’n aanbeveling wees.
• Ondervinding met die afrigting van gemeentekore en of sanggroepe sal ’n aanbeveling wees.
• Toegang tot ’n netwerk van musikante.
VERGOEDING: Onderhandelbaar volgens die riglyne van die Suid-Afrikaanse Kerkorrel Vereniging (SAKOV).
AANSOEKE: Volledige CV’s kan gestuur word aan:
• Die Sameroeper Musiekpos: Eredienswerksgroep
• Per pos: Stellastraat 158, Waterkloof 0181
• Per e-pos: admin@stellastraat.co.za
• Per faks: 012 346 2701.
SLUITINGSDATUM: 7 Augustus 2016.
NAVRAE: Dawn Taljaard (na 19:00), 083 257 1246.
Marina de Wet, 082 505 2616.
James Kirkpatrick, 082 852 7947.
