Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Ventersburg

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 12 Augustus 2016

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Ventersburg is geleë in die Vrystaat langs die N1, tussen Kroonstad en Winburg. Ons bestaan uit 261 belydende en 71 dooplidmate met 11 dorpswyke en ses plaaswyke. Ventersburg beskik ook oor ’n goed toegeruste huis vir bejaardes.

Ons behoeftes:

  •  ’n Toegewyde gelowige wat die Here liefhet en dien, met volle ampsbevoegdhede in die NG Kerk.
  •  Skrifgetroue, dinamiese en aktuele prediker.
  •  Persoon wat bereid is om ’n herder, leraar en trooster te wees.
  •  Persoon met ’n passie vir mense, jeug en ouderwordende mense.
  •  Persoon wat sy pligte sal uitvoer volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  •  Persoon wat goed kan saamwerk en leiding kan neem.

Vergoeding:

  •  Die vergoedingspakket is beskikbaar op aanvraag.

Aansoeke:

  •  Aansoeke word ingewag van belangstellende gelegitimeerde leraars asook proponente.
  • Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met minstens drie verwysings asook hulle kontakbesonderhede. E-pos: ngkerkventers@gmail.com Sluitingsdatum vir hierdie pos is 12 Augustus 2016.
  •  Kandidate, indien uitgenooi moet beskikbaar wees vir proefpreke en kennismaking.
  •  Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Navrae:

Voorsitter: Emma Wessels, 082 826 2807

Leierouderling: Danie Fourie, 082 492 3401

Skriba: Charlotte du Plooy, 057 651 4541 of 073 275 1921.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top