Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Volksrust

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 12 Augustus 2016

Volksrust is ’n gemeente met ongeveer 426 belydende en 100 dooplidmate, geleë op die N11-roete op die grens met KwaZulu-Natal, 50 km noord van Newcastle. Die gemeente is in die laaste stadium van samesmelting tussen die gemeentes van Volksrust en Volksrust-Suid. Ons gemeenskap bestaan uit landbou, industrie- en mynbou-aktiwiteite en ’n aftreeoord. Daar is ook goeie skole op die dorp.

Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van omgewingsverandering en die samesmelting van die twee gemeentes wat aanpassings in ons bedieningsbehoeftes en -stra­tegie noodsaak. Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat ons kan lei in hierdie nuwe begin saam met Hom.

Wat vir ons belangrik is, is verhoudingsbou – ons het aktiewe omgeegroepe in die dorp sowel as in die plaaswyke wat goed funksioneer. In ons omgewing is daar ook baie armoe­de en ander behoeftes wat bedieningsontwikkeling kan vereis en gemeenteroeping kan beïnvloed.

Sondageredienste is vir ons kosbaar en ons jeugbediening lê ons na aan die hart. Ons benodig begeleiding met pastorale versorging, visionering vir die toekoms en begeleiding met gemeenteroeping. ’n Handevataksie van sinvolle besoek en onder­steuning is noodsaaklik en ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur vir die nuwe saamgestelde gemeente is een van ons eerste uitdagings.

Vergoeding:

As gemeente in proses van herstel wil ons saam die Here vertrou dat ons binne sinodale riglyne sal kan onderhandel.

Aansoek:

Enige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span aan te sluit, word genooi om voor 12 Augustus 2016 ’n CV van maksimum drie bladsye en drie referente aan die onderstaande adres te stuur. Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word om te kom kuier.

Navrae:

Wessel Oosthuizen 082 454 7435.

Piet Martins 082 956 1109.

Ds Simon van den Heever (Konsulent) 082 468 36789.

Ds Bennie Brink (Brugleraar) 082 337 5458.

Adres: Die voorsitter, ngkerk@volksrust.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top