Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Paarl-Vallei Gemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar

Sluitingsdatum: Vrydag, 5 Augustus 2016, om 12:00.

Aansoeke vir bogenoemde pos word ingewag – in biddende afhanklikheid voor God.

GEMEENTEPROFIEL: 1 314 belydende lidmate en 360 dooplidmate uit alle ouderdoms- groepe.

GEMEENTEBELYDENIS

Ons word geseën om vir ander tot seën te wees van die Paarl tot aan die uithoeke van die wêreld.

Ons is die liggaam van Christus. Ons is vrygemaak om nuut te lewe.

Ons loop waar Jesus lei. Hy lei ons deur sy Woord en sy Gees.

Ons is almal kinders van die Vader. Ons leef in liefde saam.

Ons versorg mekaar. Ons doen wat reg is.

Ons gee saam vir ander om. Ons deel graag die Goeie Nuus.

Saam laat ons die Koninkryk kom.

ONS IS OP SOEK NA ’N LERAAR WAT …

 

• minstens 10 jaar gemeente-ervaring het.

• hom/haar sal tuisvoel binne die gereformeerde/evangeliese spiritualiteit van die gemeente.

• hom/haar kan vereenselwig met die geloofsraamwerk van ons gemeentebelydenis en hom/haar met passie daarbinne kan uitleef.

• die gawe van leierskap het, asook die vermoë om ’n gemeente strategies te begelei en te inspireer/motiveer (kennis van die natuurlike kerkgroei-model sal ’n bonus wees).

• die vermoë het om inspirerende eredienste te fasiliteer (musikaliteit en die vermoë om ’n sangkultuur verder uit te bou, sal ’n bonus wees).

• die vermoë het om dinamies te preek sodat mense graag na die preke wil kom luister.

• die vermoë het om die gemeente opgewonde te maak en te help mobiliseer vir die uitreik na ongelowiges en behoeftiges regoor die wêreld (ons gemeente het verskeie uitreikaksies en ondersteun ook 20 sendelinge wêreldwyd).

• die vermoë het om selgroepbediening verder uit te bou.

• die vermoë het om pastoraal mense met liefde te begelei.

• die vermoë het om goed in spanverband saam te werk.

VERGOEDING: Volgens sinodale aanbevelings. Pastorie beskikbaar.

DATUM VIR DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf Oktober 2016.

AANSOEKE:

 

• ’n Aansoekbrief, vergesel van u CV, asook gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, moet per geregistreerde pos of e-pos gestuur word

 

Per geregistreerde pos: Die Voorsitter Pre-advies Kommissie, NG Gemeente Paarl-Vallei, Suite 7261, Privaatsak X3041, Paarl 7620.

 

Per epos: info@paarlvalleigemeente.co.za

• Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag, 5 Augustus 2016, om 12:00.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.