Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Uitvoerende Hoof – Bybel-Media Groep
Sluitingsdatum: 15 Augustus 2016
Die Bybel-Media (BM) Groep van maatskappye is ’n diens van die NG Kerk. Dié diens stel Christelike inhoud vir geloofsvorming en bediening in ’n verskeidenheid mediaformate aan ’n breë Christen-gehoor beskikbaar. Donateurs speel ’n belangrike rol in die finansieringsmodel.
BM het vanaf 1 Januarie 2017 ’n vakature vir ’n Uitvoerende Hoof in permanente hoedanigheid. Die Uitvoerende Hoof rapporteer aan die direksie en is verantwoordelik vir die strategiese en operasionele bestuur van dié multimediagroep. Die klem is op transformasie om BM optimaal toekomsgerig te bly posisioneer.
Leierskap en bestuur fokus op talentbestuur, kreatiewe produkte, die ontwikkeling en instandhouding van fondswerwingsprogramme, asook die optimale aanwending van bronne om langtermyngroei en finansiële volhoubaarheid te verseker.
Die Uitvoerende Hoof is die openbare gesig van die maatskappy en ’n dinamiese leier. Die volgende kriteria word by die aanstelling in oorweging geneem:
• Goeie taalvaardigheid in Afrikaans en Engels.
• Lidmaatskap van ’n gereformeerde kerk.
• Teologiese opleiding en praktiese ervaring in die bediening, met ’n passie vir die kerk van Jesus Christus en liefde vir die Here.
• Goeie kennis van die media- en publikasiewêreld, oopkop en met insig in die unieke bedryfsvereistes van BM en die digitale media-landskap.
• Finansiële bestuurskundigheid met begrip van fondswerwingsprogramme, bemarking en verkope.
• Vorming en bestuur van netwerke.
• ’n Spanwerker wat beskik oor uitstekende kommunikasie-, onderhandelings- en talentbestuursvaardighede.
• ’n Tersiêre kwalifikasie in bestuur of praktiese bestuurservaring.
Vergoeding: Mededingend.
Kandidate moet bereid wees om aan evaluering deel te neem. Die direksie behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.
As jy aan die posvereistes voldoen, stuur jou CV in elektroniese formaat aan direksie@bmedia.co.za Verskaf in jou dekbrief die motivering waarom jy aansoek doen en ʼn kort opsomming waarom jy jouself in hierdie rol sien.
Aansoeke sluit: 15 Augustus 2016
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2017
Navrae: Danie Mouton, voorsitter, tel 082 923 4178 (danie@ngkok.co.za)
Johan Vosloo, ondervoorsitter, tel 083 440 5581 (jomil@mweb.co.za)
