Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse gemeenteleraar
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2016.
Gemeenteprofiel:
’n Uitgestrekte gemeente op die platteland van die Groot Karoo met ’n sterk boerdery-komponent. Die gemeente het ’n lang en ryk geskiedenis en bestaan uit 835 volwasse, 218 dooplidmate en ’n gemotiveerde leierskap wat besig is met ’n proses van gemeentebou waarin die vestiging van die liggaam van Christus-bedieningsmodel sentraal staan.
Leraarsprofiel:
’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wat:
- Bekend is met en entoesiasties is oor die liggaamsmodel van kerk wees;
- Graag werk met mense van alle ouderdomsgroepe en veral gemaklik met jongmense omgaan;
- ’n Bemagtigende en dienende leierskapstyl uitleef;
- Verkieslik onder 50 jaar oud, getroud is en reeds as huweliksbevestiger aangestel is.
Vergoeding: Volgens die aanbevole sinodale skaal. ’n Ruim pastorie is beskikbaar.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2016. CV en name van ten minste twee referente word verwag. Dien asb in by die kerkkantoor [nederkerk@telkomsa.net].
Navrae by die konsulent ds André Louwrens [072 452 0375] of die leierouderling Johan Neuhoff [082 573 2221].
[Die kerkraad behou die reg voor om nie een van die aansoekers aan te stel nie.]
