Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 September 2016 om 12:00.
Hiermee maak die kerkraad die betrokke vakature bekend en nooi persone met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen.
Gemeenteprofiel:
Die gemeente is een van twee NG gemeentes in die dorp op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Ongeveer 920 belydende en 230 dooplidmate word deur twee leraars bedien. Dit is ’n gevestigde en gelukkige gemeente met heelwat jonger lidmate en jong gesinne. Professionele beroepslui en afgetredenes is in die gemeente gevestig. Die pragtige landbouomgewing met gevestigde boere strek oor ’n wye gebied tot by die platorand in die ooste en Drakensberge in die suide. Die dorp beskik oor goeie besighede en dienste. Ekonomiese ontwikkeling en uitbreiding word vir die omgewing in die vooruitsig gestel.
Werksprofiel:
Van die leraar word verwag om pligte te verrig ooreenkomstig die betrokke artikels en bepalings van die kerkorde. ’n Finale en volledige diensooreenkoms sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word. Die gemeente bied ’n vergoedingspakket en voordele ooreenkomstig sinodale riglyne. ’n Pastorie is vir bewoning beskikbaar.
Die leraar verrig sy/haar pligte in noue samewerking met die medeleraar, personeel, en ampsdraers van die gemeente. Die kerkraad verwag van die leraar om die normale ampspligte te verrig, en ook spesifiek te fokus op die totale gesinsbediening en die gespesialiseerde bediening aan die jonger segment van die gemeente (alle lidmate onder 45 jaar).
Die volgende moet by u aansoek ingesluit wees:
- ’n A4-bladsy motivering waarom u vir die pos aansoek doen.
- ’n Kort volledige CV van tussen drie en vyf bladsye.
- Die kontakbesonderhede van ten minste drie onlangse referente.
- Onlangse kleurfoto’s van u self met u gesin.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 September 2016 om 12:00.
’n Kortlys sal saamgestel word en aansoekers op die kortlys kan genooi word vir ’n persoonlike onderhoud. Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Kerkkantoor:
Tel: 058 622 1355 (Maandag tot Vrydag 08:30 tot 16:00).
Faks: 058 622 1355, e-pos: kerkkantoor@ngkharrismith.co.za
Navrae:
David Bekker (Voorsitter Diensverhoudinge) – 082 773 8098.
Gert Victor (Gemeenteleraar) – 082 459 2134 / 058 622 1703.
