Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE LAINGSBURG

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 7 September 2016.

Gemeenteprofiel:

Laingsburg is in die Karoo geleë tussen Worcester en Beaufort-Wes met die N1-snelweg wat deur die dorp loop. Dis ’n plattelandse dorp met ’n uitgestrekte boerderygemeenskap. Die gemeente het ’n samestelling van 331 lidmate en 52 dooplidmate. Die gemeenteprofiel is as volg:

52 lidmate tussen 0 en 18 jaar, 84 lidmate tussen 19 en 45 jaar, 103 lidmate tussen 46 en 59 jaar en 155 lidmate ouer as 60 jaar.

Leraarsprofiel:

  • Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Goeie pastorale leierskap en menseverhoudings. Opleiding in sielkunde word sterk aanbeveel.
  • Die leraar moet in die “Liggaamsmodel” kan funksioneer en dit ontwikkel, aangesien ons gemeente nie meer volgens die tradisionele “Herder-Kudde-Model” funksioneer nie.
  • Verbind tot deelnemende bestuur en die vermoë om gemaklik in ’n span te werk. Dit beteken dat die leraar leierskap in die gemeente sal verwelkom en ontwikkel en homself/haarself nie as die enigste leier beskou nie.
  • Die gemeente is ook reeds in verskeie vennootskappe met ander gemeentes (Strooidak en Sonstraal) – die leraar moet dit verwelkom en dit verder help ontwikkel.
  • Vaardigheid om oudiovisuele middele optimaal te gebruik is belangrik.
  • Die leraar moet ’n bydrae maak tot die uitbouing van ’n erediens wat verskillende spiritualiteitstipes akkommodeer. Die gemeente wil hier byvoorbeeld graag die musiekbediening ontwikkel en dit is belangrik dat die leraar ook hiervoor sal wees en dit help bevorder.
  • Spesiale passie en begrip vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.
  • Die persoon moet ’n missionêre aanslag hê en sterk wees in visionêre leierskap.

Vergoedingspakket:

  • Onderhandelbaar volgens Wes-Kaap se sinodale riglyne.
  • Gratis pastorie met gesubsideerde munisipale dienste, landlyntelefoon en internet.

Aansoeke:

  • CV van hoogstens vyf bladsye met vermelding van vyf referente.
  • Persoonlikheidsontleding (Myers Briggs profiel indien beskikbaar).

Kontakbesonderhede:

Sluitingsdatum: 7 September 2016.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2017

’n Kandidaat wat vir ’n onderhoud genooi word, moet verkieslik deur sy/haar eggenoot/eggenote vergesel word indien die persoon getroud is. Indien die aansoeker nie terugvoe­­ring voor 15 Oktober 2016 ontvang nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top