Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Namibië bly in Algemene Sinode

Die NG Kerk in Namibië sal voorlopig sy bestaande kerkordelike verband met die Algemene Sinode van die NG Kerk handhaaf.

Dié besluit van die Namibiese moderamen kom nadat sy sinode in Maart ’n taakspan aangewys het wat “’n proses van besinning, raadpleging en besluitneming oor die toekomstige funksionering van die NGKN” moes begelei.

Dit sou onder meer behels dat die Algemene Sino­dale verband wat die NGKN met die res van die NG Kerk verbind, in heroënskou geneem moes word.

Die saak het opnuut in die kollig beland omdat van die Namibiërs ontevrede was met die besluite wat die Algemene Sinode verlede jaar geneem het oor verhou­dings tussen mense van dieselfde geslag.

Daar is egter geruime tyd al ’n gevoel dat die Algemene Sinode veral gelei word deur omstandighede in Suid-Afrika en dat ander omstandighede in Namibië nie altyd in ag geneem word nie.

Ds Clem Marais, skriba van Namibië, het na die sinode in Maart gesê die gevoel in Namibië is dat die verband met die Algemene Sinode aandag moet kry. Dit moet egter nie afskeiding wees nie, maar herskikking.

Nadat die sinode se taakspan teruggerapporteer het, het die Namibiese moderamen besluit om voorlopig die bestaande verband te handhaaf. Die Na­mi­­biese kerk wil deel wees van gesprekke oor die toekoms van die verband in die NG Kerk.

Intussen gaan die Namibiese sinode voort om sy eie identiteit uit te bou. Hulle wil onder meer eie ekumeniese verhoudings met ander kerke in Namibië en buur­lande soos Angola, Botswana, Zambië en Zim­bab­we vestig en uitbou.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top