Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 30 September 2016
NG Kerk Outjo is geleë noordwes in Namibië en bestaan uit ’n plattelandse gemeente. ’n Gemeente met baie uitdagings en die potensiaal om voortdurend te groei, met ongeveer 325 belydende en 114 dooplidmate en besoekers. Die gemeenskap maak hulle bestaan hoofsaaklik uit landbou, besighede, jag en toerisme. Die oudste privaatskool in Namibië is ook op die dorp. Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van ons huidige leraar se emeritaat. Daarom bid en vertrou ons dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat ons kan lei in hierdie nuwe begin saam met Hom. ’n Leraar en sy gesin wat werklik deel van ons gemeenskap kan word.
Wat vir ons belangrik is: VERHOUDINGSBOU – ons het aktiewe kleingroepe, omgeegroepe, plaaswyke, uitreik en jeugbedieninge. In ons gemeenskap is ook baie armoede en ander behoeftes wat voltyds hanteer word uit verskeie bedieninge.
Eredienste en buitedienste is vir ons kosbaar vir jonk en oud.
Vergoeding: Ons vertrou op die Here dat ons binne die sinodale riglyne sal kan onderhandel.
Aansoeke: Enige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span van Outjo aan te sluit word uitgenooi om voor of op 30 September 2016 ’n CV van maksimum (3) drie bladsye en (3) drie referente na ngoutjo@iway.na te stuur. Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word om te kom kuier vir verdere onderhoude.
Navrae: Pieter Krone (Voorsitter) + 264 81 275 4396 of Daan Holtzhausen (senior lidmaat) +264 81 124 2044. Kerkkantoor: Tel/Faks: + 264 67 313 152, Sel: +264 81 127 9360.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
