Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Quellerina, Roodepoort

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraarspos

SLUITINGSDATUM VAN AANSOEKE: 30 September 2016.

GEMEENTEPROFIEL:

NG Kerk Quellerina is geleë langs die N1 aan die Wes-Rand met die kerkgebou in Langelaan 81, Florida Glen. Die 1 036 belydende lidmate en 253 dooplidmate versprei oor alle ouderdomme. Vyftig persent woon buite die gemeentegrense. Die gemeenteleuse is: “Gaan groot met liefde”, en beskryf ons roeping om God se liefde sigbaar te laat groei.

LERAARSPROFIEL:

Die kerkraad nooi gelegitimeerde leraars, proponente, asook finalejaar studente wat gedurende November 2016 gelegitimeer word, uit om aansoek te doen vir die pos as medeleraar in dié gemeente.

Die volgende word as vereistes gestel:

  1. Art 9 van die Kerkorde as geheel, in besonder die vertrekpunt dat die persoon ’n opregte volgeling van Christus is met integriteit en volwassenheid.
  2. As prioriteite geld veral geestelike verdieping van lidmate deur Woordverkondiging, goeie mensvaardighede, leiers- en bestuursvaardighede met ’n passie vir gemeentegroei en gebed.
  3. In spanverband moet die aansoeker, saam met die geheelbediening ook fokus op jeugbediening.

Die kerkraad besef dat sulke doelwitte slegs met menslikheid en deur genade uitgeleef kan word.

AANSOEKE:

  1. Aansoeke moet van ’n onlangse CV met kontakbesonderhede van minstens drie referente,vergesel wees. Dit moet gerig word aan die gemeentebestuurder: bestuurder@quellerina.co.za
  2. Alle aansoeke moet vergesel wees van ’n voltooide vraelys beskikbaar by die kerkkantoor. Stuur ook asseblief ’n kort (maks 4 min) video-opname van jouself sodat ons jou beter kan leer ken. (Dit hoef nie ’n professionele opname te wees nie.)
  3. Die kerkraad behou ook die reg voor om: self kandidate te identifiseer om aansoek te doen; relevante inligting te versamel, byvoorbeeld persoonlikheidstoetsing deur professionele persone en verwysings op te volg.
  4. Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.
  5. Dit sal van kandidate, wat die finale kortlys haal, verwag word om ’n preek op ’n bepaalde datum te lewer.
  6. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

AARD VAN POS: Permanent.

SLUITINGSDATUM VAN AANSOEKE: 30 September 2016.

DIENSAANVAARDING: Januarie 2017.

NAVRAE: Liezel Bredenkamp by bestuurder@quellerina.co.za of 011 673 2212.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top