Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Noordhoek, Bloemfontein

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

In biddende afhanklikheid van die HERE, maak die kerkraad van die NG gemeente Noordhoek die volgende kontrakpos bekend vir ’n tydperk van twee jaar.

Aansoeke sluit 21 Oktober 2016.

1. GEMEENTEPROFIEL:

Noordhoek is een van vyf gemeentes in die Ring van Bloemfontein-Noord, in die noordelike deel van die stad. Die gemeente het 314 belydende en 82 dooplidmate. Daar is ongeveer 203 besoekpunte in die gemeente.

2. LERAARSPROFIEL:

Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep. Besondere klem word gelê op leersuiwerheid in alle fasette van gemeentewerk en persoonlike lewe. Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate deur pastorale en getroue  huisbesoek. Die persoon moet leiding kan neem en behulpsaam wees in al die fasette van gemeente-organise­ring. Daar moet ook gefokus word op die bediening van die jeug in die gemeente.
Art 9 van die Kerkorde sal dien as uitgangspunt asook rigtingwyser van die bediening in die gemeente.

  • As gevolg van die finansiële posisie van die gemeente is hierdie ’n kontrakpos vir ’n emeritusleraar. Die persoon moet beskik oor eie mediese en pensioenfonds. Die kerkraad het geen koste ten opsigte van hierdie twee fasette van die persoon se uitgawes nie.  Die tydperk van die kontrak van twee jaar kan deur die kerkraad, as verteenwoordigers van die gemeente, verleng word indien die leraar en die gemeente, na die kontrakperiode ooreenkom dat die verlenging van die kontrak tot voordeel van die bediening in die gemeente en die leraar self is.
  • VERGOEDINGSPAKKET
    Vergoedingspakket is R20 000,00 pm.
    Geen pastorie is beskikbaar nie.

AANSOEKE:
Stuur asseblief u aansoek en CV met drie referente aan:

Gemeentebestuurder, Grace Pretorius, Vir aandag: Pre-Advies Kommissie
Per e-pos: grace.pretorius@vodamail.co.za
Per faks: 051 433 1882

NAVRAE : Gemeentebestuurder: Grace Pretorius 082 570 0710
Konsulent: Ds Jannie du Plessis 082 578 7825

Aansoeke sluit 21 Oktober 2016.

Daar kan van die kandidate verwag word om ’n erediens waar te neem en om ’n onderhoud met die pre-advieskommissie te voer. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak of om ’n beroep uit te bring nie.

SOLI DEO GLORIA

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top