Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Saldanha

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Jeugwerker

Sluitingsdatum: 14 Oktober 2016

Die NG gemeente Saldanha het die voorreg om ’n jeugwerker te beroep om die hand van die gemeente (en gemeenskap) te vat in die geestelike bediening van die jeug van ons gemeente en omge­wing binne hulle unieke leefwêreld.

Die gemeente bestaan uit ongeveer 1 050 belydende en 240 dooplidmate. Ons jeug ontvang skoolopleiding by hoofsaaklik drie laerskole en drie hoërskole in die omgewing waarvan slegs een laerskool op Saldanha self is. Die behoefte is dat die jeugwerker die reeds bestaande jeugbedieningsaksies help uitbou en ontwikkel, asook (soos nodig) nuwe bedieninge ontwikkel.

Belangrike karaktereienskappe: ’n Passie vir God en die jeug; entoesiasme; kreatiwiteit; integriteit en ’n goeie spanwerker. Gewenste vaardighede: sterk interpersoonlike vaardighede; sterk mensverhoudings; vriendelike en professionele hantering van mense; goeie netwerker, beplanner en organiseerder; rekenaargeletterdheid. Musikale aanleg sal ’n bate wees.

Dit is ’n 3-jaar kontrakpos, wat na gelang van omstandighede hernu sou kon word. Vasgestelde diensure is onmoontlik aangesien die jeugwerker se werk rondom die aktiwiteite en programme van die jeug gebou word. Die pos vereis soepelheid en die werk van fleksietyd (40 ure per week) omdat die jeugwerker se verantwoordelikhede ook oor naweke en aande strek.

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met sinodale aanbeveling as riglyn. Die persoon sal nou met die twee bestaande leraars en die bestaande jeugbedieningsaksies saamwerk.

Persone met gepaste jeugwerker- of teologiese kwalifikasies kan elektronies hul aansoek rig aan die Skriba by ngksal@telkomsa.net of per pos by Posbus 1, Saldanha 7395 om die kantoor nie later as 14 Oktober 2016 te bereik nie. Aansoeke moet vergesel word van ’n kort 2/3 bladsy CV met gepaste inligting en ten minste drie referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien versoek. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Beoogde aanstellingsdatum: 1 Januarie 2017.

Rig enige navrae aan:

Ds Kotzé Olivier 076 911 1930, kotzeolivier@gmail.com

Ds Jakes Barnard 081 428 4932, jakesbarnard@telkomsa.net

Jacques van Zyl 082 300 9123, kwaaibaai@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top