Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Sionsrand, Port Elizabeth

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum van aansoeke: 30 September 2016.

In biddende afhanklikheid van die Here wag die kerkraad aansoeke in vir bovermelde pos.

Gemeenteprofiel:

Sionsrand NG gemeente is geleë in die westelike voorstede (Bram­hope) van Port Elizabeth en bestaan uit 658 belydende en 95 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

Daar sal van die leraar verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Verder is die volgende vereistes van besondere belang:

  • Die missionêre-gemeente-benadering waarin die kerkraad die gemeenskap en omge- wing wil dien om gelowiges se alternatiewe geloofsfamilie te word;
  • ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van gemeentewerk;
  • ’n Passie vir die evangelisasie;
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate deur huisbesoek;
  • Liefde vir medemense van alle ouderdomsgroepe, goeie menseverhouding en volle samewerking in spanverband.

Werksprofiel: Ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde en ooreengekome skriftelike oor­eenkoms.

Vergoeding: Die vergoedingspakket is onderhandelbaar binne die riglyne van die sino­dale skale. Gratis huisvesting word aangebied met die beskikbaarstelling van ’n pastorie.

Datum van indienstreding: 1 Januarie 2017.

Sluitingsdatum van aansoeke: 30 September 2016.

Aansoeke: Stuur asseblief ’n volledige CV, asook kontakbesonderhede van ten minste drie referente aan: Die Voorsitter Pre-Advies Kommissie, e-posadres: sionsrand@absamail.co.za.of Posbus 10159, Linton Grange 6015.

Aansoeke van kandidate tot en met die ouderdom van 55 jaar sal voorkeur geniet.

Geskikte kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ook ’n moontlike preekbeurt op ’n datum soos ooreengekom.

Telefoniese navrae kan gerig word aan die kerkkantoor gedurende kantoorure Dinsdae tot Vrydae (10:00 tot 12:00) tel: 041 360 4374 of na-ure broeders Chris van Niekerk (083 275 6253) en Leon Strauss (083 555 4470).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top