Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Welbekend

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 Oktober 2016.

Gemeente- en omgewingsprofiel: Welbekend is ’n plaas-en-plotgemeente geleë te Bapsfontein naby Pretoria, Benoni, Kemptonpark, Delmas en Bronkhortspruit. Ons is ’n gemeente wat ’n verskil aan ons omgewing en die wêreld wil maak. Ons val onder die Hoëveld Sinode en in die Ring van Benoni. Ons lidmate werk aan die Rand, Pretoria en Johannesburg. Die gemeente het 411 belydende en 129 dooplidmate. Die gemeente het ’n redelike heterogene samestelling wat betref beroepe sowel as ouderdomsgroepe. Ons kinders woon iets soos 14 verskillende hoërskole by. Ons het ook ’n unieke laerskool met ’n plattelandse karakter binne ons gemeentegrense.

Die gemeente beskik oor ’n kerkgebou, kerkkantoor, kategeselokale, komuna (vergader-en kuierplek) en ’n pastorie op die kerkterrein.

Bedieningsprioriteite is prediking, kleingroepe en sending. ’n Vollediger profiel van die gemeente en dienskontrak is by die kerkkantoor beskikbaar.

Leraarsprofiel: Ons soek na ’n leraar wat die Here liefhet, moet ’n lewende verhouding met God hê en moet ook ’n liefde vir mense hê.

Vergoeding: ’n Traktement en byvoordele volgens riglyne van die Algemene Sinode sal onderhandel word. Pastorie is op die kerkterrein beskikbaar.

Aansoeke moet asb vergesel wees van ’n onlangse CV met drie referente, asook ’n vraelys oor bedieningsvoorkeure wat by die kerkkantoor beskikbaar is. U kan dit elek­tronies aanvra. Ons stuur ook uitnodigings om aansoek te doen aan persone wat deur gemeentelede genomineer word. Voornemende kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Aansoeke kan gestuur word en navrae kan gedoen word by die kerkkantoor by die vol­gende: Posadres: Die Gemeentebestuurder, NG gemeente Welbekend, Posbus 11570, Tiegerpoort 0056. E-pos: kerk@ngwelbekend.za.net

Landlyn: 011 964 1207. Faks: 086 621 6682. Sel: 082 944 4479.

Ander navrae: Alma Visagie 082 944 4479 of ds Abrie van Wyk 082 388 1905.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 Oktober 2016.

Diensaanvaarding: Begin 2017.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top