Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: UITVOERENDE BEAMPTE
Sluitingsdatum: 4 November 2016
Die persoon sal verantwoordelik wees vir die koördinering van gemeente-aktiwiteite en -administrasie, moet goed kan beplan, lojaal wees teenoor die gemeente, en as skakel dien tussen gemeentebedieninge en kerkkantoor.
Kandidate moet beskik oor toepaslike tersiêre kwalifikasies, minstens vyf jaar bestuurservaring, bewese ervaring in personeelbestuur, finansiële kundigheid, rekenaarvaardigheid en goeie kommunikasievaardighede.
CV moet per e-pos gestuur word aan: ub@ngknelspruit.co.za
Navrae: Paul Harley: e-pos belladonna@huxnet.co.za
Sluitingsdatum: 4 November 2016
Konsep-pligtestaat is op die webblad beskikbaar www.ngknelspruit.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie die pos te vul nie.
