Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Studentekerk Bloemfontein

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Studentekerk is ’n gemeente wat op die rand van die kampus van die Universiteit Vry­staat geleë is. Ons glo dat God die gemeente hier gestig het met ’n baie spesifieke doel: Om die studentegemeenskap van Bloemfontein te bedien.

Ons is ’n MISSIONALE, MULTI- EN INTERKULTURELE gemeente met dienste in Afri­kaans en Engels.

Ons is op soek na iemand om die vakature te vul aan die begin van 2017. Ons nooi enige leraar wat binne die familie van die NG Kerk gelegitimeer is, en wat gemaklik voel met die unieke aard van die bediening, om aansoek te doen.

PROFIEL:

  • Liefde vir God Drie-enig, sonder om daaroor skaam te wees.
  • Gemak met die visie van die Studentekerk.
  • Minstens tweetalig.
  • ’n Goeie kommunikeerder met ’n sterk gereformeerde teologie.
  • ’n Sterk leier wat jonger mense kan dien.
  • Bereid om baie tyd in studente te belê.
  • Aanpasbaar.
  • Vermoë om te kan netwerk.

As jy voel dat God jou roep na hierdie bediening, stuur asb ’n kort CV met die kontakbesonderhede van drie referente na info@studentekerk.org

voor of op 23 September 2016. Heg asseblief ook jou visie vir studentebediening as aparte dokument aan (in Engels).

Vir verdere navrae, kontak asseblief vir:

Ds Christo Louw: louwjc@vodamail.co.za / 082 371 2905

Ds Danie du Toit: daniedt01@gmail.com / 082 589 7499

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top