Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Ek glo”

“Aan die begin van die jaar was ek en Neil bevoorreg om ‘n konferensie by die Calvin Institute of Christian Worship by te woon. Ons het daar iets soortgelyks in Engels gesien en dadelik gedink ons sal dit in Afrikaans wil doen.”

Só, vertel ds Lettie Büchner van die NG Gemeente Wellington, het dit gebeur dat sy en haar man, Neil, die idee gekry het om dié video van die Apostoliese geloofsbelydenis te maak.

Na ‘n paar uur is die video al byna 3000 keer op Facebook gekyk.

Waarom spreek die geloofsbelydenis in hierdie formaat so tot mense se harte?

Neil sê die geloofsbelydenis kry nuwe betekenis wanneer verskillende mense – wat die groter liggaam van Christus verteenwoordig – sáám verklaar: “Ek glo”.

“Dit gaan oor die insluiting van alle mense en in besonder die gemarginaliseerdes. Wanneer mense wat weerbaar en gebroke is, hul geloof bely, word die grootheid van God se hart sigbaar.”

Verskeie lidmate van die NG Gemeente Wellington, asook lede van ‘n gebedsgroep, het ingestem om afgeneem te word vir dié inisiatief. ‘n Vriend van Neil, Stefan Botha, het met die opnames en videoredigering gehelp.

Lettie en Neil stel die video beskikbaar vir gemeentes om af te laai (53MB) en tydens eredienste te gebruik.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top