Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Ek vra verskoning’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr André Bartlett van Johannesburg skryf:

Ek kan nie namens die res van die Algemene Si­no­dale Moderamen (ASM) van die NG Kerk praat nie, maar ek wil persoonlik as lid van die ASM verskoning vra aan al die LGBTI-lidmate van die kerk en hulle families vir die pyn en leed wat ons hulle aangedoen het toe ons verlede November die uit­voe­ring van die Algemene Sinode se 2015-besluite oor selfdegeslagverhoudings op­ge­skort het.

Ons het in goeder trou gehandel op grond van in­l­igting wat met verloop van tyd geblyk het nie goed genoeg te wees nie.

Ek neem persoonlik verantwoordelikheid vir die feit dat ek nie in daardie stadium reeds beter in­ligting probeer kry het nie.

Ek weet dat verlede jaar se opheffing van die opskor­ting nie al hulle pyn wegneem nie, maar ek hoop ten min­ste dat die regstelling van die onreg ’n mate van genesing bring.

Ek onderneem om saam met hulle en talle ander op die pad vorentoe met nog groter erns en toe­­wyding te strewe na die verwydering van alle vor­­me van onreg wat mense in en deur die NG Kerk aangedoen word.

Ek skaam my meermale vir die kerk, maar sy bly my moeder. En op ’n vreemde manier bly ek ont­­settend lief vir haar.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top