Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wynberg waardeer besluite

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Danie Nel, voorsitter van die ringskommissie van Wynberg, skryf:

Die Ring van Wynberg het tydens haar 56ste vergade­ring te Zwaanswyk  op 12 September 2016 die besluite van die 2015 Algemene Sinode betreffende selfdegeslagverhoudings bespreek.

Die Ring het met waardering kennis geneem dat die besluite die menswaardigheid van alle medegelowiges, wat in ’n verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef, wil handhaaf. Die ruimte wat aan predikante en kerkrade gebied word om volgens eie oortuiging in hul spesifieke kontekste die besluite uit te voer, het ook opgeval. Die Ring het ook die afgevaardigdes se terugvoering oor die waarneembare gevolge van die opskorting van die besluite deur die Algemene Sinode se Moderamen, bespreek.

Die Ring van Wynberg

  • is hartseer oor die pyn en verleentheid wat baie lidmate steeds as gevolg van die opskorting van die besluite beleef;

  • versoek gemeentes om binne die kragveld van Christus se helende liefde uit te reik na elkeen wat as gevolg van die ongelukkige gebeure pyn ervaar;

  • is diep dankbaar dat die besluite weer van krag is;

  • versoek gemeentes om voort te gaan met die implementering van die besluite;

  • roep alle lidmate op om te bid dat die Here ons hierin met sy helende liefde weer een van hart, een van gees en een in strewe sal maak.

Die Ring van Wynberg het hierdie besluit eenparig geneem.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top