Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Ds Danie Haasbroek van Wingatepark skryf:
Die antwoord op die krisis waarin die NG Kerk homself tans bevind moet ons soek in die lewe van die Here Jesus self. Dit word vir ons saamgevat in Johannes 1:14 wat sê: Die dissipels en alle gelowiges het in Hom beide genade en waarheid in volle mate gesien.
Die gevaar is dat ’n mens een of albei van dié kenmerke kan geringskat. Die vraag kom sterk na vore of die tweede kenmerk van Jesus, naamlik waarheid, nie in hierdie tyd gering geskat word nie. Die waarheid handel byvoorbeeld oor God se geregtigheid, die hoop op die ewige lewe, en die ewige straf.
Word die waarheid van Jesus (byvoorbeeld oor die ewige straf) nie in ons tyd gerieflikheidshalwe oorgesien nie? Of word die sogenaamde belangrikheid van die konteks waarin die Ou Testament oor seksualiteit praat, as belangriker beskou as wat Jesus gesê het? As dit wel die geval is, leef ons buite die waarheid en dus teen die wil van God.
Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.
