Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Universiteit Vrystaat

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Fakulteit Teologie
Departemente Ekklesiologie en Dogmatologie
Lektor/ Senior Lektor (Kontrakaanstelling: 5 jaar)
Pos-ID: 1730

Sluitingsdatum: 14 Oktober 2016.


Hierdie akademiese pos in Gereformeerde Teologie het as leeropdrag simboliek, teologie- en kerkgeskiedenis van die Reformasie en van kerke in die gereformeerde tradisie in Suider-Afrika, asook kerkregering en gereformeerde spiritualiteit. In die lig van die ooreenkoms tussen die NG Kerk en die Universiteit Vrystaat (2017), is hierdie ’n termynbepaalde pos (5 jaar).

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Onderrig voor- en nagraadse studente.
  • Inisieer en verrig navorsing in toepaslike studievelde en lewer navorsingsresultate.
  • Verskaf studieleiding aan voor- en nagraadse studente.
  • Verrig algemene administratiewe pligte.
  • Dra by tot kurrikulumontwikkeling in die Fakulteit.
  • Deelname aan samelewingsdiensaktiwiteite in die Fakulteit en deelnemende kerke.

Inherente vereistes:

Lektor:

  • Meestersgraad in Kerkgeskiedenis, Kerkreg of Teologiegeskiedenis.
  • Bewese ervaring in die lewering van plakkaat- of mondelinge aanbiedinge by kongresse of ekwivalente aktiwiteite.
  • Lewer bewys van manuskripte geproduseer wat die potensiaal toon om omskep of ingedien te word vir publikasie in ’n geakkrediteerde joernaal.
  • ’n Goeie akademiese rekord.

Senior Lektor:

  • Doktorsgraad in Kerkgeskiedenis, Kerkreg of Teologiegeskiedenis.
  • Bewese ervaring in die lewering van referate/plakkate by nasionale vakwetenskaplike kongresse.
  • Bewese nasionale erkenning vir spesialiskundigheid en navorsing in ’n spesifieke area van akademiese meesterskap.
  • ’n NNS-gradering, of moet die potensiaal vir die verkryging van ’n NNS-gradering demonstreer.
  • Bewese ervaring in studieleiding van gegradueerde magisterstudente.
  • ʼn Bewese navorsingsrekord met relevante publikasies in geakkrediteerde nasionale en internasionale joernale.
  • Bewese ervaring van diens as ’n aktiewe lid van ’n nasionale of internasionale vakwetenskaplike vereniging of ’n komitee of agentskap gemoeid met navorsing op hoëronderwysvlakke.

Aanbevelings:

  • Lidmaat van die NG Kerkfamilie.
  • Vereenselwiging met die etos van die Universiteit Vrystaat.
  • Lektor:
    • Bereid wees om vir ’n doktorsgraad in te skryf by die eerste beskikbare geleentheid, indien nie reeds behaal is teen die tyd van die aanstelling nie.
    • Bewese navorsingsrekord met relevante publikasies in geakkrediteerde nasionale joernale.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2017.

Sluitingsdatum: 14 Oktober 2016.

Salaris:
Die salarisskaal is op aanvraag beskikbaar. Skakel gerus 051 401 9962/3934/9329. Vir verdere navrae skakel gerus 072 425 8537.

Byvoordele:
(Onderhewig aan bepaalde voorwaardes): pensioenskema, mediesehulpskema, groeplewensversekering, behuisingstoelae, verlof en siekteverlof, diensbonus en studievoordele.

Algemeen:
Die Universiteit behou die reg voor om die pos nie te vul nie. Die Universiteit onderskryf die beginsels soos voorgeskryf deur die Wet op Billike Indiensneming, en pas dit toe. Voorkeur sal aan kandidate van die aangewese groepe verleen word ooreenkomstig die beginsels van die genoemde wet en die werknemersprofiel van die spesifieke departement/afdeling.

Aansoeke kan slegs aanlyn gedoen word. Alle aansoeke moet van die volgende vergesel word:

  • ’n volledige curriculum vitae;
  • afskrifte van alle akademiese rekords;
  • afskrifte van kwalifikasies (voorsien asseblief die SAKO-akkreditasie in die geval van buitelandse kwalifikasies);
  • ’n afskrif van u identiteitsdokument (ID).

Aansoeke wat onvolledig is of per faks of e-pos gestuur word, sal nie oorweeg word nie. Indien u binne ses weke na die sluitingsdatum vir aansoeke nie gekontak is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top