Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Seën vir die kerk

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prop Hennie Pienaar van George skryf:

Die huidige roering aangaande gay mense is ’n groot seën vir die kerk.

Dit het die kerk op ’n plek gebring om voorraad op te neem. Om weer dié vrae te vra: Wie is ons? Wie het ons geword? Wie wil ons wees? Wie is ons veronderstel om te wees? Waarheen is ons op pad? Sodat sy dalk weer in nederigheid kan bid: Here, help ons.

Die roering maak die kerk weer bewus van die oomblik waarin sy haarself bevind. Om eerlik met haarself te wees, haarself in die spieël te sien, naak en kwesbaar. Sodat sy dalk weer kan bid: Here, vergewe ons.

Dit is ’n seën omrede die kerk uit haar gemaksone kan beweeg, introspeksie te kan doen, sodat sy kan groei en inderdaad missionaal kan wees. Sodat sy dalk weer kan bid: Here, stuur my.

Die roering is ’n seën omrede ons weer gekonfronteer word met ons eie bewerige sekuriteite wat onsself daargestel het en voorhou as absoluut. Ons fondasie het nét ons eie verstaan van die Skrif geword, ons eie verstaan van die belydenisskrifte, van kerk-wees. Dit het ons arrogant gemaak soos die Farsieërs van ouds. Net óns het die waarheid in pag en daarom is óns op ’n plek waar óns kan besluit wie is meer welkom en wie minder welkom. Sodat sy dalk in dankbaarheid weer kan bid: Here, uit genade alleen.

Die roeringe het ons ons Fariseërsmantel laat sien. Die geleentheid is daar om nou ontslae daarvan te raak, sodat ons weer saam met ander kan vry wees om te dien en eerder die losmakende verlossende kleed van Christus oor ons skouers te gooi. En dalk weer die oomblik toe ons tot bekering gekom het onthou: Ek is genoeg net soos ek is. Waarom dan nie ander nie?


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top