Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar onbepaalde termynpos
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 6 November 2016
GEMEENTEPROFIEL:
Amersfoort is ’n plattelandse gemeente, gestig in 1867, op die hoëveld van Mpumalanga en is deel van die Ring van Wakkerstroom in die Oostelike Sinode. Dit is ’n pastoraalgrootte gemeente met aktiewe kleingroepe en ’n ledetal van ±353 waarvan 53 dooplidmate is. Die gemeente se droom en visie is om met ’n hart vir die Hartland ’n impak te maak in die wêreld waarin ons leef. Hieruit vloei al ons bedieninge en werksaamhede. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit ouer lidmate en ons handhaaf ’n sterk gereformeerde karakter waarin ons streef om vernuwend aan die hand van die Woord te leef.
LERAARSPROFIEL:
- Iemand wat lief is vir die Here en ’n passie het om mense uit alle ouderdomsgroepe te bedien.
- Moet al die predikantsverpligtinge volgens Art 9 nakom.
- Moet Skrifgetrou en aktueel preek en bedien.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente met persoonlike kontak met lidmate deur pastorale betrokkenheid en huisbesoek wat baie belangrik is.
- Meelewing met die wel en wee van die gemeente en gemeenskap is ook baie belangrik.
- Moet verbind wees tot deelnemende bestuur en maklik in ’n span saamwerk.
- Moet bewus wees van en kans sien vir die eiesoortige eise en uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
VERGOEDINGSPAKKET:
Vergoeding is onderhandelbaar met sinodale riglyne as verwysing. Gratis pastorie.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV nie langer as drie bladsye nie en ’n maksimum van drie referente. Stuur dit asseblief aan die voorsitter van die kerkraad by ngkamersfoort@vodamail.co.za
DIENSAANVAARDING: Verkieslik 1 Januarie 2017 maar kan onderhandel word.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 6 November 2016
Indien die kerkraad dit verlang moet die kandidaad bereid wees om na Amersfoort te reis vir ’n onderhoud en preekbeurt.
NAVRAE:
Ds Simon van den Heever (082 468 3678)
Francois Lotz (083 630 1262)
John Goodwin (082 453 3866)
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
