Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
SLUITINGSDATUM: Vrydag 4 November 2016.
Gemeenteprofiel:
Die NG gemeente Barkly-Oos is suid van Lesotho in die skilderagtige suidelike Drakensberge geleë, sowat 115 km oos-suidoos van Aliwal-Noord. Dit is ’n landbou-omgewing met toerismepotensiaal. Forelhengel, bergfietsry en ski is van die gewilde sportsoorte in die omgewing. Sowat 256 belydende en 90 dooplidmate is deel van die gemeente. Die gemeente het twee bedieningspunte, nl Barkly-Oos en Rhodes.
LERAARSPROFIEL:
Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk.
Van die kandidaat word verwag om al die normale predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde na te kom.
VERGOEDING:
Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn.
HUISVESTING: Gratis huisvesting word verskaf.
BESKIKBAARSTELLING:
Leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê: ’n tersaaklike CV, kontakbesonderhede van twee referente. Onderhoude mag met kandidate gevoer word.
POSADRES: Pre-Advies, NG Kerk Barkly-Oos, Posbus 100, Barkly-Oos 9786.
E-POS: ngkerkbo@telkomsa.net
NAVRAE: Voorsitter van die Kerkraad: Oudl Koos Jordaan 082 429 7815.
Saakgelastigde: Christien Neethling, 045 971 0027 of 082 422 6677.
SLUITINGSDATUM: Vrydag 4 November 2016.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit leraars wat hulle op bogenoemde wyse beskikbaar stel nie.
