Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Dutoitspan, Kimberley

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Ons gemeente se Visie is: Oorgee – Omgee – Aangee

Vakature: Die gemeente Dutoitspan het ’n vakature vir ’n leraar in ’n vastetermynpos vir drie jaar. Die pos mag verleng word.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2016.

Gemeenteprofiel:

  • Die gemeente het ’n samestelling van 636 belydende en 17 dooplidmate.
  • Dit is ’n multi kulturele, sosio-ekonomiese- en maatskaplik diverse gemeente.
  • Daar is gevestigde selgroepe.

Leraarsprofiel:

  • Gewone predikantverpligtinge volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Goeie pastorale leierskap. (Opleiding in sielkunde word sterk aanbeveel.)
  • Die gemeente funksioneer in die “Liggaamsmodel” en nie volgens die “Herder-kuddemodel” nie. Die styl van die erediens is meer informeel.
  • Goeie menseverhoudings is belangrik.
  • ’n Energieke, kreatiewe leraar wat innoverend kan dink is ’n belangrike vereiste.
  • Die leraar moet hom verbind tot deelnemende bestuur en die vermoë hê om in ’n span te werk.
  • Die gemeente gebruik oudiovisuele middele, dus moet die leraar dit optimaal kan gebruik.
  • Baie belangrik dat die leraar spesiale passie en begrip sal hê vir die multi-kulturele, maatskaplike en sosio-ekonomiese diversiteit van die gemeente.
  • Die leraar moet ’n missionêre aanslag hê en sterk wees in visionêre leierskap.
  • Die gemeente is in vennootskap met ander gemeentes; dit sal van die leraar verwag word om dit verder te ontwikkel.
  • Daar is bestaande selgroepe – die leraar sal verantwoordelik wees vir die uitbouing daarvan.

Vergoedingspakket:

Volgens die Noord-Kaap se sinodale skale maar beperk word tot ’n maksimum van posvlak 2 / 3.

Aansoeke:

  • CV met vermelding van vyf referente.
  • Persoonlikheidsontleding en temperamentvraelys – (Keirsey – indien beskikbaar, anders sal dit tydens onderhoud voltooi word).

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2016.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2017.

Kontakbesonderhede:

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.