Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Goudini

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

(Ons is medewerkers in God se wingerd)

Vakature: Medeleraar

Sluitingsdatum: 11 November 2016

Goudini is ’n plattelandse gemeente in die Breedekloof met Rawsonville as dorp. Ons het 975 belydende en 287 dooplidmate. Ons benodig ’n jong entoesiastiese kollega wat baie lief is vir Jesus Christus om ons met sy/haar gawes verder te begelei om ons missionale waardes uit te leef.

Die suksesvolle kandidaat moet …

  • Jonger as 40 wees
  • Verkieslik getroud
  • ’n Goeie spanspeler
  • Hom-/haarself kan vereenselwig met ons waardes.

Van aansoekers word ’n volledige CV verwag en ook ’n kort vraelys wat voltooi moet word. E-pos ons skriba, Cecile le Roux, by goudini@compnet.co.za vir die vraelys en gemeentewaardes. U kan u aansoek per e-pos stuur na dieselfde adres voor/op 11 November. Van aansoekers kan ook verwag word om psigometriese toetse te doen en te kom vir ’n onderhoud.

Ons voorsien ’n gerieflike en ruim pastorie en vergoed volgens sinodale riglyne.

Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om rondom 19 Maart 2017 in diens te tree.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top