Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 15 November 2016.
NG Kerk Kameelboom is geleë 150 km buite Vryburg in Noordwes en het twee preekpunte (Tosca, Leniesdeel), wat alternatiewelik bedien word. Die gemeente het sowat 170 belydende en 60 dooplidmate. Die gemeenskap maak hulle bestaan hoofsaaklik uit landbou. Tosca het ’n laerskool, poskantoor, slaghuis, koöperasie en ’n algemene handelaar.
Leraarprofiel:
Ons is ’n familiegroot gemeente waar huisbesoek en onderlinge betrokkenheid belangrik is. ’n Leraar wat gemaklik met mense oor die weg kom, vir wie goeie verhoudings belangrik is, en wat kans sien vir die eise van ’n plattelandse bediening sal waarskynlik hier sinvol kan bedien.
Vergoeding:
- Huisvesting word verskaf (water en elektrisiteit ingesluit).
- Voertuigkomponent met sinodale aanbevelings as riglyn, sal onderhandel word met leraar.
- Salarispakket – volgens aanbevole sinodale skaal.
- Medies – sinodale aanbevelings sal as riglyn geld.
Aansoekers:
Enige predikant wat geroepe voel om by NG Kameelboom op ’n permanente basis te bedien word genooi om voor of op die 15 November 2016 ’n CV na ngkameelboom@gmail.com te stuur. Kandidate op die kortlys moet bereid wees vir verdere onderhoude/gesprekke.
Besoek gerus ons webtuiste by www.ngkameelboom.co.za
Let ook daarop dat die kerkraad die reg voorbehou om nie ’n aanstelling te maak nie.
Sluitingsdatum: 15 November 2016.
Navrae:
- JP van der Berg 082 666 1624 (ouderling)
- Martin Theron 072 179 6060 (diaken)
- Marijke Nieuwoudt 079 842 5340 (skriba).
