Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 15 November 2016
Gemeenteprofiel:
Die gemeente is geleë aan die Weskus en bedien Laaiplek, Port Owen en Dwarskersbos.
Dit is ’n enkel-leraargemeente wat bestaan uit ongeveer 736 belydende en 100 dooplidmate (±50% aktiewe ouer lidmate). Kerkhereniging is ’n hoë prioriteit.
Musiekbediening dmv ’n orrel asook ’n orkes vorm ’n integrale deel van die eredienste.
Leraarsprofiel:
- Hoogstens 45 jaar oud.
- Beskik oor multimediavaardighede.
- Moet alle ouderdomsgroepe bedien.
- Goeie menseverhoudinge en volle samewerking in spanverband.
- Musikale vaardigheid sal dien as sterk aanbeveling.
Vergoeding:
- Sinodale skaal.
- Geen pastorie.
- Behuisingstoelaag.
Aansoeke:
Moet vergesel wees van nie langer as ’n drie-blad CV. Name en kontaknommers van minstens twee referente. Rig aansoeke aan:
Per pos: Die Skriba, Posbus 585, Laaiplek 7365
Per faks: 086 620 8856
E-pos: ngklaaiplek@mweb.co.za
Geskikte kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ook ’n moontlike preekbeurt op ’n datum soos ooreengekom.
Sluitingsdatum: 15 November 2016
Die kerkraad behou die reg voor om nie een van die aansoekers aan te stel nie.
