Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Reddersburg

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermynpos: Drie jaar

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 15 NOVEMBER 2016

PROFIEL VAN GEMEENTE:

Reddersburg is ’n plattelandse dorp 60 km suid van Bloemfontein op die N6. Daar is ongeveer 250 belydende en 80 dooplidmate wat betrokke is in die gemeente. Op die dorp is ’n goeie laer- en hoërskool, ouetehuis en kinderhuis. Die gemeente se visie is om ywerige volgelinge van Jesus te wees.

PROFIEL VAN LERAAR: 

  • Bedieningsgeleenthede volgens artikel 9 van die Kerkorde.
  • Plattelandse ervaring met ’n passie vir huisbesoek en pastoraat.
  • Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging met entoesiasme.
  • Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe lei tot opbou van die gemeente.
  • Entoesiasme vir barmhartigheidswerk onder randfigure in die gemeenskap.
  • As verhoudingsbouer betrokke by skool, kinderhuis en ouetehuis.
  • Saam met huisgesin betrokke binne en buite die gemeente.
  • Beskik oor eie vervoer wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.

VERGOEDINGSPAKKET: Onderhandelbaar.

HUISVESTING: Pastorie met munisipale dienste en landlyntelefoon.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 15 NOVEMBER 2016

AANSOEKE:

Leraars wat in hierdie vakature belangstel, word genooi om die kerkkantoor te skakel vir verdere besonderhede omtrent ’n CV en vraelys. Belangstellendes mag genader word vir ’n onderhoud en preekbeurt.

Navrae: Me Isabel du Plessis (083 382 6768), ds Willie van Zyl (083 306 8448).

Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling vanuit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top