Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Vergelegen

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 11 November 2016.

Vergelegen is geleë 150 km noord van Vryburg in die Noordwes-Provinsie. Die dorp het ’n kerkgebou, ’n pastorie en ’n koöperasie. Dit is ’n baie klein plattelandse gemeente in ’n uit­gestrekte boeregemeenskap. Die gemeente het twee preekpunte wat albei elke Sondag bedien word. Grondpaaie is deel van ons lewe. Die gemeente bestaan uit 56 belydende en agt dooplidmate.

Leraarspligte en profiel:

  • Gewone predikantspligte volgens Art 9 van die Kerkorde.
  • Begrip en passie hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
  • Moet belangstel en betrokke wees (waar nodig) in die aktiwiteite van die lidmate.

Vergoedingspakket:

  • Onderhandelbaar volgens Noord-Kaaplandse sinodale riglyne.
  • Gratis huisvesting in die pastorie.
  • Reistoelaag.

Aansoeke: CV van hoogstens vyf bladsye met vermelding en besonderhede van drie referente.

Kontakbesonderhede:

  • Stuur CV per e-pos aan: ngkerk.vergelegen@gmail.com
  • Navrae kan gerig word aan:
    • Ouderling: Dries Esterhuyse, sel 082 468 7794.
    • Konsulent: Ds L de Villiers, sel 082 847 4366.
    • Skriba: Sonet de Wet, sel 083 417 3622.

Sluitingsdatum: 11 November 2016.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top