Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Cradock-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

SLUITINGSDATUM VIR BEKENDSTELLING: 15 November 2016.

Hiermee maak die kerkraad in biddende afhanklikheid van die Here die bovermelde vakature bekend.

GEMEENTEPROFIEL: Cradock-Oos is een van drie plattelandse gemeentes in Cradock, in die hart van die Oos-Kaap. Daar is tans 459 belydende en 109 dooplidmate in die gemeente, hoofsaaklik woonagtig in die dorp. Daar is 13 plaasbesoekpunte. Die lidmate vorm ’n goeie mengsel van bejaardes, gesinne en skoolgaande jeug.

LERAARSPROFIEL: ’n Energieke en kreatiewe persoon, nie ouer as 30 jaar nie, met ’n pastorale hart en wat opreg in mense belangstel. Huisbesoek is ’n vereiste, en die suksesvolle kandidaat moet die Woord Skrifgetrou bedien, kerkloslidmate kan bereik, in spanverband (met ander leraars) kan saamwerk, en die geestelike en materiële nood in die gemeenskap sowel as buite die grense van die gemeente wil aanspreek.

ROEPINGSPROFIEL: Van die leraar word verwag om die ampspligte soos vervat in Art en Bep 9 (Kerkorde Oos-Kaapland) en ander verpligtinge waaroor tussen werkgewer en werknemer ooreengekom mag word, na te kom. ’n Volledige diensooreenkoms sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

VERGOEDINGSPROFIEL: Die vergoedingspakket is volgens die skaal van die Algemene Taakspan Fondse. Huisvesting in ’n ruim pastorie word voorsien.

SLUITINGSDATUM VIR BEKENDSTELLING: 15 November 2016.

DATUM VAN INDIENSTREDING: 1 Maart 2017.

BEKENDSTELLING: Belangstellendes stel hulleself aan die gemeente bekend by wyse van ’n CV, die kontakbesonderhede van minstens drie referente, asook die belangstellings en gawes waaroor hulle beskik. Proponente asook teologiese studente wat verwag om gedurende 2016 gelegitimeer te word is ook welkom om hulleself bekend te stel. Bekendstellendes moet bereid wees tot ’n persoonlike onderhoud.

NAVRAE kan gedoen word by oudle Wim Botha (tel 048 881 5117 / 082 652 8740) en David Smeda (tel 048 881 5167 / 083 324 4404).

BEKENDSTELLINGSDOKUMENTE kan ge-e-pos word aan Pre-advies by

cradockoos@telkomsa.net of versend aan Pre-advies, Posbus 132, Cradock 5880.

Bid asseblief saam met ons dat die Here se wil ook hierin sal geskied!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top