Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar (Termynpos vir een jaar)
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 7 November 2016.
In biddende afhanklikheid van die Here, stel die kerkraad van die NG Kerk Retief ’n vakature vir ’n termynpos vir een jaar beskikbaar vir die beroep van ’n NG proponent.
GEMEENTEPROFIEL:
Die gemeente, met 849 belydende en 205 dooplidmate, is geleë in die gevestigde woonbuurt, Retief, Despatch.
LERAARSPROFIEL EN AMPSPLIGTE:
- Iemand wat ’n goeie dienaar van Jesus Christus is en wat ’n innige liefde vir God Drie-enig en sy Woord laat uitvloei in die gemeente en die gemeenskap.
- Wat met inagneming van kerklike gebruike, met die kerkraad en die gemeente, maar ook met die kerk in wyer verband kan saamwerk.
- Wat in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas, maar spesifiek toegerus en gemotiveerd is om met die jeug te werk en die gemeente se lidmate te bedien.
- Met goeie menseverhoudinge, wat na lidmate op alle sosiale vlakke kan uitreik.
- Met goeie multimedia-vaardighede.
- Met ’n goeie aanvoeling vir gemeente-administrasie.
TERMYN:
Die termyn van die pos is een jaar vanaf ’n datum soos ooreengekom. Indiensneming moet so gou moontlik wees.
VERGOEDING:
Die vergoedingspakket is volgens kerf 1 en tesame met die volgende byvoordele: vervoertoelaag, mediese fonds en pensioenfonds is beskikbaar op aanvraag. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie met ’n goed versorgde tuin wat aangrensend aan die kerkterrein geleë is.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV, tesame met kontakbesonderhede van minstens twee referente. Stuur die aansoeke na die volgende e-posadres: ngkret@absamail.co.za Vir enige navrae, kan die kerkkantoor geskakel word by 041 933 1565 of André Roux (leierouderling) by 079 504 3384.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 7 November 2016.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak indien daar nie ’n geskikte kandidaat gevind word nie.
