Geborg

Die Oostelike Sinode in sitting in die kerkgebou van die NG gemeente Pierre van Ryneveld in Centurion. Dit is dieselfde lokaal waarin die buitegewone Algemene Sinode van 7 tot 10 November gehou word. Links is die verhoog waarop die moderatuurstafel staan. Die Oostelike Sinode se moderatuur sit om 'n ronde tafel. Op die sinodevloer is die ronde tafels waarom afgevaardiges sit. Die Algemene Sinode is met sy 200 afgevaardigdes kleiner as die Oostelike Sinode met sy 267 lede. Daarom sal die Algemene Sinode minder tafels nodig hê. Die kerk het 'n galery aan drie kante waarop besoekers kan sit en die gebeure by die sinode kan volg.