Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Fort Beaufort

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (Termynbepaalde kontrakpos)

Sluitingsdatum: Vrydag, 25 November 2016 om 18:00.

Fort Beaufort is geleë in die Katriviervallei van die Amatoladistrik in die Oos-Kaap, 215 km van Port Elizabeth en 140 km van Oos-Londen. Die gebied is bekend vir sy sitrus- en avokadoproduksie, terwyl enkele lidmate van die gemeente veeboere is.

Vanweë die eiesoortige omstandighede van die gemeente is die gemeente die afgelope jaar deur ’n brugleraar bedien. Die gemeente bestaan uit 200 belydende en 30 dooplidmate, en het ’n missionale visie vir die omgewing.

Belangrike vennote in die gemeenskap is:

  • Die Winterberg Hoërlandbouskool en die Fort Beaufort Laerskool (ou model C-skole), Wings Aviation School, talle privaatskole en Fort Hare Universiteit op Alice.
  • Fort Beaufort-Hospitaal en die Tower-Hospitaal vir psigiatriese pasiënte.
  • Twee landboukoöperasies, verkeersdepartement, SAPD, gevangenis, Huis Thatcher (tehuis vir bejaardes) en Kinderwelsyn.
  • Die gemeenskappe van Hogsback en Alice (beide in die onmiddellike omgewing).
  • NG gemeente Adelaide en St John’s United Church.

Voltydse termynbepaalde leraarspos:

Die gemeente het ’n vakature vir ’n leraar in ’n driejaar-termynkontrak. Dit is ’n missionale ontwikkelingspos met gedeeltelike sinodale befondsing.

Leraarsprofiel:

  • Die leraar, ’n gelegitimeerde van die kerk, volg Jesus Christus entoesiasties, het die Here en sy kerk lief, en dien graag.
  • Die leraar ontsluit gawes in ander, skep ’n sterk bedieningspan en handhaaf ’n fasiliterende leierskapstyl.
  • ’n Entrepreneur wat oor grense kan uitreik en ook die bestaande lidmate bedien.
  • Implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, nuwe geloofsgemeenskap oor huidige gemeentegrense, die insluit van jongmense en skoolkinders, en die bediening aan seniors.
  • Vorm netwerke om die gemeente te laat groei.
  • Artikel 9 van die Kerkorde (2013) vorm die basis waarop die pligte beskryf word.
  • Vaardigheid in Engels (en dalk selfs Xhosa) sal ’n aanbeveling wees.

Vergoeding:

Die TKVI, wat na gelang van die leraar se behoeftes gestruktureer kan word, beloop R280 000,00 per jaar.

Aansoeke:

Aansoeke geskied op die voorgeskrewe aansoekvorm (aanlyn beskikbaar), vergesel van ’n CV (maksimum vier A4-bladsye). Die kontakbesonderhede van twee referente moet verskaf word. Die aansoekvorm is beskikbaar by www.ngkok.co.za/gemeentes/fb/fb.doc

  • E-pos vir indien van aansoeke: fb@ngkok.co.za
  • Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.

Sluitingsdatum: Vrydag, 25 November 2016 om 18:00.

Die suksesvolle kandidaat sal verkieslik so gou as prakties moontlik diens kan aanvaar.

Navrae:

Brugleraar: Ds Niko du Toit, sel 082 927 0671, nikodutoit@gmail.com

Fasiliteerder: Ds Danie Mouton, sel 082 9234 178, danie@ngkok.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top