Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 25 November 2016.
In biddende afhanklikheid van die Here, is die kerkraad van Makwassie wagtend op die aansoek van ’n gelegitimeerde leraar/proponent van die NG Kerk wat geroepe voel tot die bediening in Makwassie.
Gemeenteprofiel: Makwassie is ’n klein plattelande dorp in Noordwes. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit boerdery- en delwerybedrywighede. Omliggend is goeie skole beskikbaar.
Pligte: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding: Onderhandelbaar.
Verblyf: Ruim pastorie is beskikbaar.
Aansoeke: Leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê: ’n Tersaaklike CV, kontakbesonderhede van twee referente. Onderhoude mag met kandidate gevoer word.
Posadres: Posbus 20, Makwassie 2650.
E-pos: ngmakwassie@lantic.net
Sluitingsdatum: 25 November 2016.
Navrae: Dr Poena van der Merwe (Konsulent) 082 445 3742.
Jan Jacobs (Hoofouderling) 082 316 0805.
Die kerkraad hou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
