Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 30 November 2016.
GEMEENTEPROFIEL:
Die gemeente bestaan uit ongeveer 1 352 lidmate en dien ’n dorps-, sowel as boerderyge-
meenskap. Die gemeente het skoolgaande jeug, werkende jongmense, gesinne met klein kinders en ook ouer lidmate wat deel vorm van die gemeente se residensiële familie.
Daar sal van die geskikte kandidaat verwag word om die gemeente as medeleraar te dien in alle fasette van gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde met klem op kinder- en jeugbediening.
LERAARSPROFIEL:
- ’n Gelegitimeerde predikant wat hom/haar vereenselwig met en kan uitleef in ’n gereformeerde spiritualiteit.
- Besondere klem op die suiwerheid van die Woord en leer soos vervat in die Woord en die kerk se belydenisskrifte met die vermoë om aktueel en dinamies te preek vir alle ouderdomme;
- ’n Passie, sensitiwiteit en waardering vir die jeug met die vermoë om kinder- en jeugbediening effektief uit te bou;
- Die gemeente is verder op soek na ’n gebalanseerde persoon met kreatiewe en vernuwende denke (met respek vir tradisies);
- ’n Hoë emosionele intellek en goeie oordeelsvermoë met goed-ontwikkelde sosiale vermoëns, interpersoonlike vaardighede en die vermoë om in spanverband met die medeleraar te funksioneer is vir die gemeente belangrik.
VERGOEDING:
Die sinodale skaal sal as riglyn vir vergoeding dien. Gratis huisvesting in ’n ruim pastorie word aangebied of alternatiewe behuising: subsidie om self eiendom te koop.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV van maksimum drie bladsye met die name en kontakbesonderhede van minstens vier referente. Aansoeke moet per e-pos ingedien word na upingoos@mweb.co.za nie later nie as 30 November 2016.
NAVRAE:
E Spangenberg (Leierouderling Kerkraad): 082 570 5201 / ksgm@mweb.co.za
Ds AH Scholtz (Leraar); 083 379 8202 / ds.antonscholtz@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
