Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

'n Afgevaardigde na die Oos-Kaapse sinode steek sy vingers in 'n bakkie water om homself te herinner aan sy doop. Elke tafel het tydens die oggendwyding so 'n bakkie water op die tafel gehad sodat elkeen hom of haar so aan sy of haar doop kon herinner.

Oos-Kaapse sinode in foto’s (dag 2)

Die NG Kerk in Oos-Kaapland se nuut verkose moderatuur by die moderatuurstafel. Van links is ds Eldre Bester (addisionele lid) van die gemeente Algoa Gemeenskapskerk; ds Wiekus van Straaten (aktuarius) van Uitenhage-Oos; dr Dewald Davel (assessor) van Molteno; ds Jasper Louw (moderator) van Loerie; en ds Danie Mouton, skriba en direkteur van die sinode. Foto's: Louise Jackson
Die NG Kerk in Oos-Kaapland se nuut verkose moderatuur by die moderatuurstafel. Van links is ds Eldre Bester (addisionele lid) van die gemeente Algoa Gemeenskapskerk; ds Wiekus van Straaten (aktuarius) van Uitenhage-Oos; dr Dewald Davel (assessor) van Molteno; ds Jasper Louw (moderator) van Loerie; en ds Danie Mouton, skriba en direkteur van die sinode. Foto’s: Louise Jackson
Ds Bhim Singh van die Reformed Church in Africa dra 'n groeteboodskap oor aan die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland. Singh het sy kerk se dank betuig teenoor die NG Kerk dat hulle uitgereik het na die Indiërgemeenskap. Self het hy onder ds Dawie Pyper se bediening tot bekering gekom, het hy gesê. Volgens Singh is die Indiërgemeenskap in Suid-Afrika met 25% Christene dié Indiërgemeenskap met die hoogste persentasie Christene ter wêreld.
Ds Bhim Singh van die Reformed Church in Africa dra ‘n groeteboodskap oor aan die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland. Singh het sy kerk se dank betuig teenoor die NG Kerk dat hulle uitgereik het na die Indiërgemeenskap. Self het hy onder ds Dawie Pyper se bediening tot bekering gekom, het hy gesê. Volgens Singh is die Indiërgemeenskap in Suid-Afrika met 25% Christene dié Indiërgemeenskap met die hoogste persentasie Christene ter wêreld.
Afgevaardigdes na die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland bid om hulle tafels vir Suid-Afrika se boere en landbou. Dié gebede is gedoen nadat die sinode onder meer geluister het na terugvoer oor die omvang van droogtehulp wat deur die NG Kerk gekanaliseer is.
Afgevaardigdes na die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland bid om hulle tafels vir Suid-Afrika se boere en landbou. Dié gebede is gedoen nadat die sinode onder meer geluister het na terugvoer oor die omvang van droogtehulp wat deur die NG Kerk gekanaliseer is.
Leona Labuschagne tolk die verrigtinge op die sinode na Engels. Een van die mense wat dié tolkdiens gebruik, is ouderling Tussi Lujabe van die Blouwaterbaai gemeenskapskerk. Dit is 'n gemeente met 'n multikulturele bediening in 'n multikulturele gemeenskap. Daar is Afrikaanse dienste, maar ook Engelse dienste wat deur wit, swart, bruin en Indiërmense bygewoon word.
Leona Labuschagne tolk die verrigtinge op die sinode na Engels. Een van die mense wat dié tolkdiens gebruik, is ouderling Tussi Lujabe van die Blouwaterbaai gemeenskapskerk. Dit is ‘n gemeente met ‘n multikulturele bediening in ‘n multikulturele gemeenskap. Daar is Afrikaanse dienste, maar ook Engelse dienste wat deur wit, swart, bruin en Indiërmense bygewoon word.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top