Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Pro-gay beroof van genesing

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prop Jannie Botha van Witfield skryf:

Dis kerk se onvermoë om die Bybel reg uit te lê, maak die kerk blind vir die vrymakende boodskap van die Evangelie. Dr Henk Gous se derde oplossing is ‘n duidelike toonbeeld hiervan.

As ons by Genesis begin, dan lees ons dat God die mens volmaak geskep het. Volmaakte mense wat in rein en mooi verhoudings leef en heteroseksueel in verbintenisse tree. Dit was ’n wêreld sonder dood, gebreke, siektes, geweld.

Die fout lê by die mens wat nie gehoorsaam aan God leef nie. Die sondeval het die volgende impak op die skepping: Dood (nou en die ewige dood), siektes, gebreke, geweld, abnormale seksualiteit – teen die natuur van die mens soos deur Paulus beskryf in Romeine, gebroke huwelike, moeitevolle arbeid, pyn, lyding, swaarkry, honger.

As iemand verkoue het, blind is, homoseksueel is, is dit die impak van die sonde. Romeine 3 leer ons dat elke mens sondig is, en verlossing nodig het.

Jesus het nooit onderskei waarom iemand blind, melaats of gebreklik is nie – Hy het dit duidelik beskou as deel van die gevolg van die sonde. Genesing van die liggaam is een aspek van sy genesing. Die besondere aspek van sy genesing, is die afwassing van die sonde. Wanneer Hy dus genees, genees Hy ook die siel van die mens wat in aardse nood en geestelike nood verkeer.

Die uitsprake oor die homoseks is duidelik. Daar word nie onderskei tussen genetiese en gewilde homoseks nie. Die daad en die begeerte bly teen die natuur van hoe God die mens geskep het. Daardie mens het ook genesing deur die bloed van Christus nodig.

Wanneer die Kerk ’n sonde wil ontsondig, mislei die Kerk haarself en is die waarheid nie in die Kerk nie (Johannes 1:8). Dit is die geval met die debat oor Selfdegeslagverbintenisse. Wanneer die Kerk vir die gay persoon leer dat sy/haar staat nie sonde is nie, leer die Kerk dat daar geen skuldbelydenis en vergifnis nodig is nie.

In die lig van die Seisoen van menswaardigheid, is dit die wreedste daad wat die kerk kan pleeg. Die liefdevolste daad wat die Kerk kan pleeg, is om die gay-persoon na Christus en Christus se genesing en verlossing te lei. Dat ons in liefde teenoor die gay persoon moet optree, is verseker. Nooit mag ek enige mens weglei van die verlossing wat daar in Christus Jesus is nie. Om homoseks as sonde uit te wys, is nie ‘n wrede en liefdelose daad nie. Dit is liefdeloos om dit nie as sonde uit te wys nie. Net so is dit liefdeloos om die homoseksuele persoon te verwerp.

Die kerk moet die pad loop van liefde wat altyd oproep tot bekering. Dit beteken dat die Kerk die homoseksuele persoon binne die geloofsgemeenskap moet inbring, dat ons daardie persoon moet begelei om vergifnis te vind, om op ‘n pad van genesing te loop en vry te word van die sondeband wat hom/haar bind.

Pro-gay beroof die homoseksuele persoon van ware redding, genesing en vryheid soos God dit bedoel het.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top