Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Waar lees hulle dit?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prop Jannie Botha van Witfield skryf:

Dit is met groot skok en hartseer dat ek die verklaring van ’n klompie jong teoloë lees. Met skok omdat dit duidelik geword het dat die beweging en druk wat toe­ge­pas word om die gay persoon ten volle toe te laat binne die kerk, geen ag of respek vir God of sy Woord het nie.

In alle opsigte is die belydenis of verklaring huma­nis­ties, revolusionêr en Godslasterlik. In sy wese staan hierdie verklaring buite die Bybel, geskoei op mense­ge­dagtes en leerstellinge alleenlik. Mooi woorde in die be­lydenis kan nie die wortel van die kwaad verbloem nie.

Op grond van watter Bybelse gronde kan enige van die jong teoloë die volgende Godslasterlike belydenis regverdig: “Vierdens beskou ons seksualiteit as ’n gawe van God. Hiermee bedoel ons die volle spektrum van seksualiteit, wat nie net heteroseksualiteit insluit nie, maar ook homoseksualiteit, biseksualiteit, transeksualiteit, interseksualiteit en ander seksualiteite.”

Die vyfde stelling koppel God direk aan die aard en wese van al hierdie seksualiteite: “Vyfdens verstaan ons dat verhoudings kern tot menswees is en dat men­se binne verhoudings die drie-enige God uitbeeld.”

Dit is skreiend. Dit is pynlik net om die sake uit te spreek en te noem. Nou wonder ek wat “ander seksuali­teite” dan alles insluit. Het die mens dan werklik tot op hierdie vlak sy sin vir waardes verloor? As hy/sy dan geen respek vir God het nie, laat hulle dan ten minste respek vir die mense rondom hulle toon.

Kan hierdie jongmense dit tog duidelik maak waar in die Bybel hulle dit lees. Dink julle werklik dat God sulke uitsprake sal verdra? Die kerk sal duidelik beter af wees as ons stakende studente die kweekskool permanent toemaak.

Enkele sinne met kras veroordeling is weggelaat. – Re­dakteur

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top