Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE : LERAAR
GEMEENTEPROFIEL:
Tygerpoort Gemeente is geleë in die oostelike voorstede van Pretoria. Die gemeente bestaan uit ongeveer 3000 lidmate wat meestal in sekuriteitsdorpe, meenthuiskomplekse en kleinhoewes woon. Die pas opgegradeerde gemeentekompleks is geleë op ‘n kleinhoewe in Shere.
LERAARSPROFIEL:
- Die vermoë om teologies vernuwend en kontekstueel te reflekteer binne die breë riglyne van die gereformeerde tradisie.
- Entoesiasties oor die missionêre gestalte van kerkwees.
- Sterk klem op persoonlike spiritualiteit en ‘n openheid teenoor ander spiritualiteite.
- Vermoë om gemaklik en gestruktureerd in ‘n span saam te werk met die oog op die inisiëring en afhandeling van spesifieke werksaamhede.
- ‘n Passie en bewese vaardighede om deur die gebruik van tegnologie (soos sosiale media, die gemeente se nuwe webtuiste, aanlynkursusse, video’s, ensovoorts) op innoverende wyse die bediening van die gemeente uit te brei (veral aan kinders en jongmense).
- Die vermoë om vir alle ouderdomme aktueel en dinamies te preek.
- Die vermoë om die bediening aan en deur kinders en jongmense in die gemeente te organiseer en in alle aspekte van die bediening leiding te neem. Lering met dissipelskap as uitkoms, tuisgeloof en die aanleer van gesonde geloofsgewoontes is die basis van hierdie bediening.
- ‘n Persoon wat sy/haar eie gawes en passie met doelgerigtheid in die gemeente kan aanwend!
- Die persoon moet gemaklik die algemene pligte van ‘n leraar soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde kan uitvoer.
VERGOEDING:
‘n Vergoedingspakket (met die sinodale aanbevelings as vertrekpunt) is onderhandelbaar. Die pakket sluit ‘n behuisingsubsidie in.
AANSOEKE:
‘n Aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak Riana by (012) 809 0107 of ngtyger@ngtyger.com. Aansoeke moet voor of op 21 November 2016 ingedien word. Persone wat aansoek doen moet beskikbaar wees vir ‘n persoonlike onderhoud en in staat wees om op 1 Januarie 2017 (of so spoedig moontlik daarna) diens te aanvaar.
NAVRAE:
- Mnr Wilhelm Steyn (Voorsitter Kerkraad): 083 406 5659 / wilhelm@ajcoetzer.co.za
- Dr Zander van der Westhuizen (Leraar): 082 883 2302 / zander@ngtyger.com
- Ds Karin Steyn (Leraar): 082 498 9440 / bosch.karin@gmail.com
